Bizskoops - 12 November 2026

Loading player...
Vandag op Bizskoops - Suid-Afrika se werkloosheidskoers het weer gestyg, en baie verbruikers het gemiddeld 65 persent van hul netto inkomste nodig vir die terugbetaling van skuld. Professor Waldo Krugell bespreek die verkiesing van verlede week en deel sy voorgestelde doenlys vir munisipaliteite. In internasionale besigheidsnuus verneem ons dat Nvidia sy hoof- uitvoerende beampte ondersoek. Pieter Wasserfall van Just Money gesels oor die bestuur van daaglikse huishoudelike uitgawes. Ons sluit vandag se program af met 'n bespreking oor omgewings-, sosiale en bestuursbeginsels (ESG) in die sakewêreld, in gesprek met Carl Reynolds. Hy is die stigter en hoof- uitvoerende beampte van Kudos One, 'n firma wat ESG-beoordelings en -advies verskaf en regoor Afrika, die VK en Europa werksaam is.
12 Nov Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 29 Oktober 2026

In vandag se Bizskoops: Die Nasionale Tesourie het 'n langtermynplan om Suid-Afrika se brandstofheffings permanent te verwyder, terwyl Fitch Ratings verwag dat staatsskuld effens sal styg. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek lesse wat Suid-Afrika by Frankryk kan leer oor fiskale konsolidasie. In internasionale sake-nuus sal beleggers hierdie week resultate…
29 Oct 11 min

Bizskoops - 22 Oktober 2026

Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) het verlede maand effens gestyg tot vier-komma-vyf persent, terwyl die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verdere verlagings in brandstofheffings aangekondig het om die druk op Suid-Afrikaanse motoriste en besighede te verlig. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek China se ekonomiese groei en waarop hierdie groei…
22 Oct 9 min

Bizskoops - 15 Oktober 2026

Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsig vir 2026 verlaag, terwyl Tongaat Hulett van die Johannesburgse Aandelebeurs verwyder gaan word. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek belangrike ekonomiese verwikkelings en aanwysers van die afgelope paar weke, en ons begin ook 'n nuwe reeks saam met Pieter Wasserfall van…
15 Oct 10 min

Bizskoops - 8 Oktober 2026

Vandag op Bizskoops: Die Verenigde State het onderneem om sy vennootskap met Suid-Afrika op die gebied van mynbou te versterk, terwyl die Londen-gebaseerde geldoordragmaatskappy Wise voorbereidings tref om sy dienste in Suid-Afrika uit te brei. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die rand, die mediumtermynbegroting en nog 'n brandstofprysverhoging. Wat…
8 Oct 9 min

Bizskoops - 1 Oktober 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Suid-Afrikaners kan vanaf aanstaande Woensdag rekordbrandstofpryse in die gesig staar, terwyl drie groot Suid-Afrikaanse kleinhandelaars hul leierskap verander. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek fiskale konsolidasie. Wat internasionale sake-nuus betref, het OpenAI besluit om nie sy nuutste GPT-6.1 Astra-KI-model vry te stel nie, terwyl die…
1 Oct 10 min