Bizskoops - 26 November 2026

Loading player...
Op Bizskoops vandag: Ons kyk na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se verskerpte ondersoek na belastingbetalers se bankrekeninge en bespreek die finansiële uitdagings waarmee pasverkose raadslede ná die onlangse plaaslike regeringsverkiesings te kampe het. Die ekonoom professor Waldo Krugell lewer kommentaar op die waarde van KI-maatskappye, terwyl ons internasionale sake-opdatering fokus op Nvidia-hoof uitvoerende beampte Jensen Huang se terugkeer na die tegnologiereus. Pieter Wasserfall van JustMoney ontleed die bevindinge van die 2026 Money & Me-opname. En ons gesels met Samantha Skyring van Oryx Desert Salt oor volhoubare soutontginning in die Kalahari. Sy deel waardevolle sake-insigte en blik terug op haar reis – van die stigting van die onderneming tot die uitbou daarvan tot 'n internasionale uitvoerder.
26 Nov Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 19 November 2026

Vandag op Bizskoops - Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersinflasiekoers het in Oktober tot vyf-komma-twee persent gestyg African Bank het sy verhouding met die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody’s Ratings beëindig, en die Johannesburgse Effektebeurs staan moontlik ’n administratiewe boete in die gesig. Die ekonoom Waldo Krugell verduidelik hoe die huidige rand-dollar-wisselkoers ’n invloed…
19 Nov 12 min

Bizskoops - 12 November 2026

Vandag op Bizskoops - Suid-Afrika se werkloosheidskoers het weer gestyg, en baie verbruikers het gemiddeld 65 persent van hul netto inkomste nodig vir die terugbetaling van skuld. Professor Waldo Krugell bespreek die verkiesing van verlede week en deel sy voorgestelde doenlys vir munisipaliteite. In internasionale besigheidsnuus verneem ons dat Nvidia…
12 Nov 10 min

Bizskoops - 29 Oktober 2026

In vandag se Bizskoops: Die Nasionale Tesourie het 'n langtermynplan om Suid-Afrika se brandstofheffings permanent te verwyder, terwyl Fitch Ratings verwag dat staatsskuld effens sal styg. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek lesse wat Suid-Afrika by Frankryk kan leer oor fiskale konsolidasie. In internasionale sake-nuus sal beleggers hierdie week resultate…
29 Oct 11 min

Bizskoops - 22 Oktober 2026

Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) het verlede maand effens gestyg tot vier-komma-vyf persent, terwyl die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verdere verlagings in brandstofheffings aangekondig het om die druk op Suid-Afrikaanse motoriste en besighede te verlig. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek China se ekonomiese groei en waarop hierdie groei…
22 Oct 9 min

Bizskoops - 15 Oktober 2026

Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsig vir 2026 verlaag, terwyl Tongaat Hulett van die Johannesburgse Aandelebeurs verwyder gaan word. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek belangrike ekonomiese verwikkelings en aanwysers van die afgelope paar weke, en ons begin ook 'n nuwe reeks saam met Pieter Wasserfall van…
15 Oct 10 min