Toe deure vir malaria-spuitspanne noodsaak bewusmaking-veldtog

Loading player...
Gesondheidsowerhede in die Otjozondjupa-streek verskerp hul bewusmakingsveldtog om inwoners aan te moedig om malaria-bespuiting in hul huise toe te laat. Dit volg nadat die streek nie sy teiken van minstens 85 persent bespuitingsdekking kon bereik nie, hoofsaaklik omdat sommige huise gesluit is wanneer spuitspanne besoek aflê, terwyl ander inwoners toegang geweier het. Tsumkwe het sowat 264 malariagevalle aangeteken, terwyl een malaria-verwante sterfte in die streek aangemeld is. Die streekdirekteur van gesondheid, Gebhardo Timoteus, sê gemeenskapsleiers word betrek om inwoners oor die belangrikheid van binnenshuise bespuiting in te lig.
20 Nov 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zelenski sê Poetin is 'n moordenaar

Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het die Russiese president, Wladimir Poetin, ’n moordenaar genoem nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, na Poetin as sy vriend verwys het. Zelenski het in ’n onderhoud met CNN gesê Poetin is Oekraïne se vyand en dat vriendelike uitsprake oor hom internasionale druk op Rusland…
22 Nov 12AM 1 min

SA polisie outomatiseer noodlyn

Suid-Afrika se nasionale adjunk-polisiekommissaris, Tebello Mosikili, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het geoutomatiseerde stemopnames vir 10111-oproepe ingestel vir gevalle waar operateurs met ander inbellers besig is. Die kwessie het kommer ontlok oor noodreaksie en polisie-aanspreeklikheid. Sy hou vol die meer as 1,7-miljoen onbeantwoorde oproepe in die 2025/26-boekjaar is nie doelbewus deur…
21 Nov 11PM 1 min

Rugby: Bokke benodig bonus - en meevaller

Rugby-ondersteuners sal vanmiddag wêreldwyd op die punte van hul stoele sit vir die laaste groepwedstryde in die sport se splinternuwe Nasieskampioenskap. Die toetse tussen Ierland en Suid-Afrika en Engeland en Nieu-Seeland sal bepaal watter span uit die suidelike halfrond na die eindstryd vorder. Die Springbokke het ‘n bonuspuntwen nodig en…
21 Nov 5AM 1 min

Werkloosheid: Staat moet ingryp, sê Jauch

Massas werklose Namibiërs kan nie op verkiesingsbeloftes of groot buitelandse beleggings staat maak om hul lot te verander nie, sê die arbeidskenner Herbert Jauch. Die werkloosheidsyfer van 36,9 persent, waarvan byna 40 persent vroue is, sal volgens Jauch voortduur sonder strukturele veranderinge. Hy sê die syfer kan selfs 54 persent…
21 Nov 4AM 1 min