Diefstal en vandalisme kos Telecom Namibia duisende dollars

Loading player...
Telecom Namibia sê 'n vlaag diefstal en vandalisme teiken kritieke telekommunikasie-infrastruktuur in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa. Verskeie terreine is onlangs binnegedring, met toerusting wat gesteel en infrastruktuur wat beskadig is. Die maatskappy sê herstel- en vervangingswerk kos gemiddeld sowat 100-duisend Namibiese dollar per terrein. Die skade kan ook dienslewering ontwrig en kliënte sonder noodsaaklike kommunikasiedienste laat. Telecom Namibia-woordvoerder Ndapewa Neshila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
18 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motorsport: Marc Marquez wen sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel 

Marc Marquez het die rekord geëwenaar toe hy sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel by die Portugese Grand Prix opgeraap het. Die Spanjaard, wat onder die top-nege moes eindig om die kampioenskap te beklink, het agtste gekom op sy Ducati. Aprilia se Italiaanse motorfiets-jaer, Marco Bezzecchi, het die wedren gewen. Saam met sy titels…
23 Nov 1AM 1 min

Nuwe boorgate verbeter watertoegang vir Zambezi-boere 

Veeboere in die Zambezi-streek kry beter toegang tot water danksy nuwe boorgate by Sabelo, Sizimbuko en Kasheshe, wat meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar gekos het. Die projek is deel van pogings om boere en gemeenskappe voor te berei op moontlike droogtetoestande weens El Niño. Die hoof van landelike wateruitbreidingsdienste…
23 Nov 1AM 1 min

Sokker: CAF aanvaar Kiswahili as vyfde amptelike taal  

Die Afrika Sokker-konfederasie (CAF) het Kiswahili amptelik as sy vyfde amptelike taal aanvaar. Dis naas Engels, Frans, Arabies en Portugees. Die besluit is deur afgevaardigdes van 54 lidverenigings tydens CAF se Algemene Vergadering in Abuja, Nigerië goedgekeur. Die voorstel is deur Tanzanië ingedien, met die steun van Kenia en Uganda…
23 Nov 12AM 1 min

Regshulpsentrum ondersoek menseregteskendings in Epukiro  

'n Regsgeleerde van die Regshulpsentrum, Chynna Piccanin, sê die organisasie se uitreikingsbesoek aan Epukiro was daarop gemik om regs- en menseregteskendings te identifiseer en opvolge te verseker. Dit kan regstappe, betrokkenheid by owerhede of beleidsvoorspraak insluit, eerder as om bloot basiese regsadvies te verskaf. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus…
23 Nov 12AM 1 min

SA se benadering tot KI moet deur sy eie nasionale belange bepaal word

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se benadering tot kunsmatige intelligensie moet gelei word deur sy eie prioriteite, ondervinding en nasionale belange. Hy het verlede week ʼn afvaardiging van ongeveer 300 lede na Silicon Valley in Amerika gelei. Die besoek het gefokus op K-I, tegnologiese belegging en ekonomiese groei. Ramaphosa het…
23 Nov 12AM 1 min