
Motorsport: Marc Marquez wen sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel
Loading player...
Marc Marquez het die rekord geëwenaar toe hy sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel by die Portugese Grand Prix opgeraap het. Die Spanjaard, wat onder die top-nege moes eindig om die kampioenskap te beklink, het agtste gekom op sy Ducati. Aprilia se Italiaanse motorfiets-jaer, Marco Bezzecchi, het die wedren gewen. Saam met sy titels in die 125cc en 250cc kategorieë, spog Marquez nou met tien wêreldkampioenskappe en hy is derde op die algehele lys. Hy sê egter hierdie een is spesiaal:

