
US$1,2 miljoen-projek wil Swakoprivierbekken herstel
Loading player...
Die Coca-Cola maatskapy, Global Water Challenge en die World Wildlife Fund het 1,22 miljoen Amerikaanse dollar bewillig om klimaatveerkragtigheid te versterk en die Swakoprivierbekken te herstel. Die //Gam-i Swakop-bekkenveerkragtigheidsprojek is vandag in Windhoek geloods en sal fokus op grondwateraanvulling, waterberging en die herstel van ekosisteme. Energieminister Modestus Amutse sê die inisiatief sal help om die land se waterbronne vir toekomstige geslagte te beskerm.

