
BKS: Inentings in ||Kharas-streek bereik 8 267 beeste
Loading player...
Die geveg teen bek-en-klouseer is steeds volstoom aan die gang. Nog 865 beeste is die afgelope sewe dae in die ||Kharas-streek teen die siekte ingeënt, wat die totale aantal inentings tot dusver op 8 267 te staan bring. Die inentings vorm deel van die verpligte maatreëls om die uitbreking te bekamp. Landbouministerie-woordvoerder Romeo Muyunda het vanoggend tydens die weeklikse opdatering meer besonderhede gegee:

