
VSA: Demokrate wen Senaat en Huis van Verteenwoordigers
Loading player...
Die Demokrate het ʼn meerderheid gekry in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en die Senaat, en die Republikeine se greep op Washington verbreek. In Texas is James Talarico die eerste Demokraat sedert 1988 wat ʼn setel in die Senaat wen terwyl Adam Hamilton die eerste Demokraat in byna 100 jaar is om ʼn Senaat-setel in Kansas te wen. Die Demokraat Annie Andrews sal die eerste vrou van Suid-Carolina wees wat tot die Senaat verkies word. Die volgende Huis-speaker, Hakeem Jeffries, sê Amerika is terug:

