
OVK-hoof bekommerd oor pogings om SA verkiesingsproses te ondermyn
Loading player...
Die uitvoerende hoof van die SA Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, sê toenemende pogings om die integriteit van die plaaslikeregeringsverkiesing te ondermyn, is 'n bron van kommer. Mamabolo het gewaarsku teen die verspreiding van waninligting en inhoud wat deur kunsmatige intelligensie op sosiale media gegenereer is, en doen 'n beroep op kiesers om inligting te verifieer voordat hulle dit deel. Hy het ook politieke partye en kandidate versoek om opruiende uitlatings te vermy en die verkiesingsgedragskode te respekteer:

