
Kabinet keur nasionale etiek- en teenkorrupsiebeleid goed
Loading player...
Die Kabinet het die konsep-Nasionale Etiek- en Teen-korrupsiebeleid goedgekeur, met die doel om korrupsie deur groter deursigtigheid, aanspreeklikheid en etiese optrede in alle sektore van die samelewing te bekamp. Alle staatsministeries, kantore en agentskappe moet nou die beleid se doelwitte en voorgestelde maatreëls in hul strategiese en jaarlikse planne inkorporeer. Inligtingsminister Emma Theofelus het die jongste besluite bekend gemaak.

