
DBV waarsku oor wydverspreide dieremishandeling in Namibië
Loading player...
Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië sê verwaarlosing, permanente vasmaak en verhongering bly die algemeenste vorme van dieremishandeling. Met slegs drie tot vier inspekteurs landwyd en skuilings wat in Oktober alleen meer as 400 diere gehuisves het, doen die nasionale direkteur, Silke van der Merwe, 'n beroep op Stad Windhoek om sy finansiële ondersteuningsbeloftes na te kom en strenger beheer oor verdwaalde honde toe te pas. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

