
Shoombe waarsku teen onwettige vervoer van vee en diereprodukte
Loading player...
Intussen waarsku die hoofveearts by die ministerie van landbou, water, visserye en grondhervorming, dr. Kennedy Shoombe, dat die onwettige vervoer van vee en diereprodukte Namibië se pogings om bek-en-klouseer te beheer, ernstig ondermyn. Hy sê ongemagtigde verskuiwing van diere bemoeilik die opsporing van moontlike besmettingsbronne en die voorkoming van verdere verspreiding. Shoombe beklemtoon dat amptelike permitte noodsaaklik is om diere se bewegings deur die land se naspeurbaarheidstelsel te monitor.

