
Anchen oor "Skadu teen my mure": die dinge wat ons probeer vergeet, maar wat saam met ons bly
Loading player...
Die jong Klerksdorpse kunstenaar Anchen gesels oor haar nuwe enkelsnit "Skadu teen my mure" ’n eerlike, moderne liedjie oor herinneringe, onsekerheid en die mense wat ’n skadu teen ons mure laat. In hierdie onderhoud vertel sy meer oor die verhaal agter die liedjie, hoe dit die spanning tussen aanbeweeg en vasgevang voel vasvang, en hoekom sy as jong stem in die Afrikaanse musieklandskap nie skroom om emosie deel van haar musiek te maak nie.





