Gesondheid verskerp toesig teen Ebola

Loading player...
Die land het sy paraatheid teen Ebola verskerp midde ’n groeiende streeksuitbreking. Die Demokratiese Republiek van die Kongo het reeds meer as 10 000 bevestigde gevalle en byna 4 900 sterftes aangemeld. Kenia het nege gevalle, insluitend twee sterftes, bevestig, terwyl Nigerië een geval aangeteken het. Die gesondheidministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê toesig binne die land is verskerp, met strenger sifting by toegangspunte en groter paraatheid onder gesondheidswerkers.
29 Oct 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Haaie werk nog aan skrum, sê stut Du Toit

Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die…
29 Oct 11AM 1 min

Integreer vroeë-kinderontwikkeling nóú in skole: IPC

Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl…
29 Oct 11AM 1 min

Fishrot-saak weer sonder toegewyde regter

Waarnemende regter Marelize du Plessis is nie meer by die Fishrot-saak betrokke nie. Die saak sal voortaan deur regters bestuur word wat deur die Regter-president aangestel is, totdat dit gereed is vir verhoor. Regter Eileen Rakow het in Oktober verrigtinge behartig en sal na verwagting op 11 November ’n tussentydse…
29 Oct 10AM 1 min

Konstruksiebedryf hoop op konstruksieraad-stigting

Die konstruksiebedryf is versigtig optimisties dat die langverwagte Wetsontwerp op Konstruksiebedrywe uiteindelik aan die Kabinet se wetgewingskomitee voorgelê sal word. Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie industrie-federasie van Namibië, verwelkom die vordering, maar sê dekades se beloftes moet nou in dade omgesit word. Sy sê die wetsontwerp moet aan…
29 Oct 10AM 1 min