
Integreer vroeë-kinderontwikkeling nóú in skole: IPC
Loading player...
Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl die lynministerie voorberei om in Januarie 2027 die mandaat vir vroeë-kinderontwikkeling oor te neem, en beplan om 'n toelae vir kinders tussen drie- en vyf jaar oud in te stel.

