Theofelus verdedig hersiene begroting

Loading player...
Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike en infrastruktuurbehoeftes balanseer met die land se langtermynontwikkeling.
23 Oct 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Hinda Boy' gereed vir uitdaging vanaand in Sandton

Namibië se opkomende MMA-vegter Veja Hinda, beter bekend as “Hinda Boy”, is gereed vir een van die grootste uitdagings van sy loopbaan. Hy kom vanaand in die hoofgeveg van Extreme Fighting Championship 139 in Sandton teen Suid-Afrika se Godfrey “Feralspunky” Mkhwanazi te staan, wat ’n professionele rekord van ses oorwinnings…
5 Nov 9AM 1 min

Lede kan nou hul Orion-pensioene op WhatsApp monitor

Old Mutual Namibia het 'n WhatsApp-diens bekendgestel wat lede van die Orion Namibia Pensioen- en Voorsieningsfonds in staat stel om onmiddellik toegang tot hul voordeelstate te kry. Hoofbestuurder Monique Christiaan sê die hulpmiddel verwyder hindernisse en bemagtig lede om hul aftreespaargeld gerieflik dwarsdeur hul werkslewe te monitor.
5 Nov 9AM 1 min

Olieprys val skerp ná VSA-verkiesings

Brent ru-olie, die internasionale maatstaf, het Woensdag met sowat 9 persent gedaal, van net onder 105 Amerikaanse dollar per vat tot onder 94 dollar per vat. Dit het gevolg ná die Demokratiese party se oorweldigende oorwinning in die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings, wat hoop laat opvlam het oor 'n de-eskalasie in die…
5 Nov 9AM 1 min