Mantashe in die sop oor kru 'seks-vir-werk' opmerking

Loading player...
Sonke Gender Justice veroordeel die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, se kru en minagtende reaksie op 'n vraag deur 'n Newzroom Afrika-joernalis oor bewerings dat munisipale raadslede in Noordwes seks eis van vroue in ruil vir werksgeleenthede. Mantashe het gereageer deur na vroulike geslagsdele te verwys. Die ANC het Mantashe intussen opdrag gegee om verskoning te vra. Bafana Khumalo van Sonke sê die uitlatings was onnodig, onvanpas en neerhalend:
23 Oct 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Hinda Boy' gereed vir uitdaging vanaand in Sandton

Namibië se opkomende MMA-vegter Veja Hinda, beter bekend as “Hinda Boy”, is gereed vir een van die grootste uitdagings van sy loopbaan. Hy kom vanaand in die hoofgeveg van Extreme Fighting Championship 139 in Sandton teen Suid-Afrika se Godfrey “Feralspunky” Mkhwanazi te staan, wat ’n professionele rekord van ses oorwinnings…
5 Nov 9AM 1 min

Lede kan nou hul Orion-pensioene op WhatsApp monitor

Old Mutual Namibia het 'n WhatsApp-diens bekendgestel wat lede van die Orion Namibia Pensioen- en Voorsieningsfonds in staat stel om onmiddellik toegang tot hul voordeelstate te kry. Hoofbestuurder Monique Christiaan sê die hulpmiddel verwyder hindernisse en bemagtig lede om hul aftreespaargeld gerieflik dwarsdeur hul werkslewe te monitor.
5 Nov 9AM 1 min

Olieprys val skerp ná VSA-verkiesings

Brent ru-olie, die internasionale maatstaf, het Woensdag met sowat 9 persent gedaal, van net onder 105 Amerikaanse dollar per vat tot onder 94 dollar per vat. Dit het gevolg ná die Demokratiese party se oorweldigende oorwinning in die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings, wat hoop laat opvlam het oor 'n de-eskalasie in die…
5 Nov 9AM 1 min

August 26 help 'Gazza-firma' om militêre voertuie in te voer: Amupanda

AR-leier Job Amupanda beweer dat 'n maatskappy wat met die musikant Gazza verbind word, gekoppel word aan die aankoop van drie militêre voertuie, elk na bewering ter waarde van 18 miljoen Namibiese dollar. Amupanda beweer dat die voertuie uit Uganda verkry is deur middel van die staatsbeheerde verdedigingsmaatskappy, August 26…
5 Nov 9AM 1 min

Wise waarsku nuwe raad, kommisie om te werk, of...

Arbeidsminister Wise Immanuel het nuwe lede van die Arbeidsadviesraad en die Kommissie vir Gelyke Indiensneming gewaarsku dat afwesigheid en ’n gebrek aan verantwoordbaarheid ernstige gevolge kan hê, insluitend ontslag. Hy het geykte verskonings en die stadige vordering met arbeidswetgewing-hervormings gekritiseer. Immanuel het die lede aangemoedig om te bedank indien hulle…
5 Nov 9AM 1 min