Die Demokratiese leier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Hakeem Jeffries, sê die party sal sy volle aandag op lewenskoste en aanspreeklikheid toespits en nie op president Donald Trump se vervolging nie. Die Demokrate het beheer van die Senaat en die Huis oorgeneem in Dinsdag se middeltermynverkiesing. Associated Press se…
Die Coca-Cola maatskapy, Global Water Challenge en die World Wildlife Fund het 1,22 miljoen Amerikaanse dollar bewillig om klimaatveerkragtigheid te versterk en die Swakoprivierbekken te herstel. Die //Gam-i Swakop-bekkenveerkragtigheidsprojek is vandag in Windhoek geloods en sal fokus op grondwateraanvulling, waterberging en die herstel van ekosisteme. Energieminister Modestus Amutse sê die…
Hoofverkiesingsbeampte Sy Mamabolo sê die vaslegging van uitslae is reeds afgehandel in 18 munisipaliteite in die Noord-, die Wes- en die Oos-Kaap. Hy het in die Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Midrand, Gauteng, gesê 35,5-persent van die verwagte uitslagstate is reeds geskandeer, terwyl 34,8-persent vasgelê is. 'n Kwart van alle…
Oshikoto-goewerneur Sacky Kathindi moedig die streek se inwoners aan om hul eie kos te verbou midde toenemende voedselonsekerheid weens droogte, armoede en klimaatsverandering. Hy het by die streek se Wêreldvoedseldag-herdenking beklemtoon dat almal toegang tot veilige en voedsame kos behoort te hê. Hy sê voedsel is nie net noodsaaklik vir…
Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, sê klimaatsoptrede kan jaarliks sowat 1,6 miljoen lewens red en triljoene dollars se ekonomiese voordele oplewer. Maatreëls soos beter hittewaarskuwing-stelsels, skoner huishoudelike energie, en verbeterde toegang tot skoon water kan volgens hom 'n groot verskil maak. Tedros waarsku dat klimaatsverandering reeds siekte-uitbrekings aanwakker…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.