
IPPR eis hervormings teen verkrygingskorrupsie
Loading player...
Die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing daag die nuut aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, uit... om ingrypende hervormings te bespoedig om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Die voorstelle sluit in 'n toegewyde korrupsie-hulplyn vir verkryging, sterker fluitjieblaser-beskerming en groter deursigtigheid in regerings-kontrakte. Die IPPR-navorser Frederico Links het vanoggend tydens 'n perskonferensie gepraat.

