Walvisbaai ontvang vragmotor en vullisdromme van Namport

Loading player...
Die Namport Maatskaplike Beleggingsfonds het 'n vragmotor en tien vullisdromme aan die Walvisbaai Munisipaliteit oorhandig om munisipale dienslewering te bevorder en om te help om die kusdorp skoner te hou. Met die ontvangs van die skenking het die adjunkburgemeester Mina Hangula beklemtoon dat 'n florerende hawe en dorp van mekaar afhanklik is. Sy het die behoefte aan gemeenskap-s-opvoeding beklemtoon... om te verseker dat die skenkings behoorlik vir openbare gesondheid gebruik word.
16 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bek-en-klouseer se impak strek nou tot jagbedryf

Die kwarantyn-maatreëls in Namibië, as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking het ook ‘n groot negatiewe impak op die land se jagbedryf. Jofie Lamprecht bekende beroepsjagter het dit so aan Kosmos 94.1 verwoord.
16 Oct 6AM 1 min

BKS: Vleisbedryf worstel met afleggings en herstrukturering

Die voortdurende beperkings op bek-en-klouseer het Namibië se vleisvoorsiening-s-ketting tot stilstand geruk, met groot slagpale wat nou korttermyn-herstrukturering en afleggings in die gesig staar. Landbou-ontleder Wallie Roux het opgemerk dat hoewel slag-bedrywighede stadig na 'n tydperk van 30 dae onder streng staat-s-riglyne kan hervat, die onmiddellike ontwrigting ernstig is en alles van plaaslike…
16 Oct 6AM 1 min

IPPR eis hervormings teen verkrygingskorrupsie

Die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing daag die nuut aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, uit... om ingrypende hervormings te bespoedig om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Die voorstelle sluit in 'n toegewyde korrupsie-hulplyn vir verkryging, sterker fluitjieblaser-beskerming en groter deursigtigheid in regerings-kontrakte. Die IPPR-navorser Frederico Links het vanoggend tydens…
16 Oct 6AM 1 min

Skof vyf van die Rhino Run-fietswedren

Vandag is Skof 5 van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet. Namibiër, Drikus Coetzee, trap steeds dat die sweet spat en die stof draai... en is tans op die pad, met Clanwilliam as sy volgende bestemming:
16 Oct 6AM 1 min

Namibië  se ryk olievelde die ster by African Energy Week

Namibië se ryk olievelde het vandeesweek opnuut opslae by die African Energy Week in Kaapstad gemaak. Mike Sangster, die senior visepresident van TotalEnergies het die Venus- en Mopane-projekte as een van die oliereus se hoogtepunte uitgelig:
16 Oct 5AM 1 min