
VERSKILMAKERS: ARC
Loading player...
Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n nuwe slaghuisprojek wat nie net ’n besigheid wil wees nie, maar ook ’n plek waar mense werkservaring, dissipline en nuwe vaardighede kan aanleer. Die projek is sedert 2023 in ontwikkeling en die sentrum is nou op die punt om die laaste regulatoriese vereistes af te handel. Sandra Swanepoel en Barry Olckers van ARC sluit by Sarina aan.

