Landbou-ministerie sê meer as 63 000 beeste reeds vir BKS gesif

Loading player...
Die ministerie van landbou sê hy het reeds, sedert die bek-en-klouseer-uitbreking meer as 63 000 beeste vir die siekte gesif. Woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is, dusver, 131 diere wat op 18 Karasburgs-distrik-plase positief vir BKS getoets het.

Vir meer inligting en 'n meer-gedetaileerde opsomming van Woensdag se BKS-opdatering, besoek die Kosmos Kapitaal Facebook-blad.
15 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

WKOD vra matrikulante om nie laat vir eksamens op te daag nie

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor leerders wat laat opdaag vir die matriekeksamen, ondanks 'n goeie begin van die eksamen. Meer as 85-duisend voltydse, deeltydse en herhaalde kandidate skryf hul nasionale senior sertifikaat-eksamen in die provinsie. Die LUR vir onderwys, Jaco Londt, het leerders versoek om ten minste 'n…
15 Oct 2AM 1 min

Die Wes-Kaapse regering verskerp pogings om uitvoere te bevorder

Die Wes-Kaapse regering sê sterker internasionale handelsvennootskappe is noodsaaklik om meer as 200-duisend werksgeleenthede deur verhoogde uitvoere te skep. Die provinsie se uitvoerstrategie het ten doel om teen 2035 uitvoere ter waarde van 408-miljard-Namibiese dollar te lewer en nog 'n duisend aktiewe uitvoerders te lok. Tydens 'n vergadering van die…
15 Oct 1AM 1 min

Minister Kantema-Gaomas verdedig N$250m kindertoelae wat uitbetaal is

Die minister van geslagsgelykheid, Emma Kantema-Gaomas, het die 250 miljoen Namibiese dollar in kindertoelae wat aan individue tussen 18 en 21 jaar oud betaal is, verdedig. Dit volg ná 'n verslag van die ouditeur-generaal, wat die uitbetalings uitgelig het. Kantema-Gaomas het in die parlement verduidelik dat hoewel 18 die wettige…
15 Oct 1AM 1 min

Drikus Coetzee reg vir Dag 4 van Rhino Run-fietswedren

Fietsryers skop vandag skof vier van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet af. Drikus Coetzee van Namibië is steeds in eerste plek, en het, na drie dae in die saal, reeds 1-duisend-170 kilometer afgelê... en is tans byna 100 kilometer voor Frankryk se Stephane Lombard. Coetzee het vanoggend…
15 Oct 12AM 1 min

Tweede skoolvakansie en Heldedag padveiligheids-inisiatiewe groot sukses

Nasionale padveiligheid-operasies wat die tweede trimester skool-vakansie en Heldedag-tydperk dek, het gelei tot 'n afname van 35-persent in padsterftes op die land se belangrike hoofweë. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat verkeersbeamptes tydens die veldtog langs die B1- en B2-snelweë meer as 21 800 voertuie voorgekeer het. 16-duisend-500…
15 Oct 12AM 1 min