KI op slimfone 'kan SME's hupstoot gee'

Loading player...
Erongo-goewerneur Natalia Goagoses vra plaaslike mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings om kunsmatige intelligensie en digitale gereedskap aan te neem om produktiwiteit en markbereik te verhoog. Goagoses het by die eerste Kus-KI-beraad in Swakopmund beklemtoon dat slimfoon KI-toepassings daaglikse sakebedrywighede kan transformeer en die Erongo-streek as 'n toonaangewende kussentrum vir digitale innovasie en handel kan posisioneer.
2 Oct 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA vervoerminister hoop om teen 2029 jaarliks 250-miljoen ton goedere per spoor te vervoer

Die Suid Afrikaanse minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê gereelde instandhouding van die spoor-netwerk is noodsaaklik om vragvervoer teen 2029 tot 250-miljoen ton per jaar te verhoog. Sy het die opmerkings Maandag gemaak tydens ’n oorsig-besoek aan die instandhouding-sluiting aan die yster-erts-spoorlyn in die Noord-Kaap. Die sluiting duur tot 16…
13 Oct 1AM 1 min

Windhoek Euro-rolprentfees vanjaar meer opwindend

Alex Baron, hoof van vennootskappe by die Europese Unie in Namibië, sê die Euro-rolprentfees bring Namibiese en Europese rolprentkuns nader aan Namibiërs. Tydens die bekendstelling van vanjaar se fees in Windhoek het Baron opgemerk dat die fees vanjaar nie net anders nie, maar ook opwindender sal wees.
13 Oct 1AM 1 min

SA Adjunkminister van Justisie vra billiker toegang tot howe en regsdienste

Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die geografie van die apartheidsera mag nie langer verhoed dat mense toegang tot geregtigheid verkry nie. Hy het tydens die agtste Sosiale Geregtigheid-beraad aan die Universiteit Stellenbosch gesê die regering moet howe en regsdienste, insluitend ondersteuning met onderhoud, beskerming teen…
13 Oct 12AM 1 min

Streeks-universiteite moet bek-en-klouseer en ander uitdagings aanspreek

Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Ooreenkoms. Matengu sê die…
13 Oct 12AM 1 min