SA Openbare Beskermer-kantoor kry skoon oudit 2de jaar in 'n ry

Loading player...
Die Suid Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se prestasie geprys, nadat hy vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit behaal het. Gcaleka sê die instelling se saakafhandeling het tot 89% verbeter, terwyl sake wat deur die howe hersien is, met 87% afgeneem het. Sy sê die implementering van regstellende maatreëls het tot 67% gestyg. Gcaleka sê die instelling het ook 100% van sy sleutelprestasie-teikens vir die tweede boekjaar behaal:
2 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Thuli Madonsela doen ’n beroep op etiese leierskap om munisipaliteite reg te ruk

Die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, Thuli Madonsela, doen 'n beroep op munisipaliteite om grondwetlike regte in werklikheid te omskep deur dienslewering te verbeter en ongelykheid aan te spreek. In 'n toespraak by die agtste Beraad oor Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch wat vandag ten einde loop,…
13 Oct 3AM 1 min

'KNOW NTB'-veldtog help toerisme-operateurs om NTB-reëls te verstaan

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Sebulon Chicalu, het die belangrikheid van nakoming van die NTB-wet en die gepaardgaande regulasies beklemtoon. Hy sê die 'KNOW NTB'-veldtog, wat op 1 April van stapel gestuur is, het sover verskeie streke en dorpe besoek om bewustheid van die wet en die regulasies…
13 Oct 3AM 1 min

SA vervoerminister hoop om teen 2029 jaarliks 250-miljoen ton goedere per spoor te vervoer

Die Suid Afrikaanse minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê gereelde instandhouding van die spoor-netwerk is noodsaaklik om vragvervoer teen 2029 tot 250-miljoen ton per jaar te verhoog. Sy het die opmerkings Maandag gemaak tydens ’n oorsig-besoek aan die instandhouding-sluiting aan die yster-erts-spoorlyn in die Noord-Kaap. Die sluiting duur tot 16…
13 Oct 1AM 1 min

Windhoek Euro-rolprentfees vanjaar meer opwindend

Alex Baron, hoof van vennootskappe by die Europese Unie in Namibië, sê die Euro-rolprentfees bring Namibiese en Europese rolprentkuns nader aan Namibiërs. Tydens die bekendstelling van vanjaar se fees in Windhoek het Baron opgemerk dat die fees vanjaar nie net anders nie, maar ook opwindender sal wees.
13 Oct 1AM 1 min