
Agriskoops - 1 Oktober 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streekhandelbemarkingspesialis by Engen, Marvin Nelson. Oktober is vir baie boere ’n kritieke maand, met plantwerk, trekkers en implemente wat lang ure onder druk moet werk. Nelson gesels oor produkte wat spesifiek op die landbou-mark gemik is en hoe boere hierdie produkte tot hul voordeel kan gebruik. Hy gee ook waardevolle wenke wat boere kan doen om te verseker dat hulle voertuie en implemente optimaal werk.

