
#OntbytMetDoepieEnNina - Steven Kitshoff oor sy nuwe boek
Loading player...
Steven Kitshoff, die formidabele voormalige Springbok-stut, word op en van die veld af hoog geag vir sy dissipline en vasberadenheid – asook vir sy nederigheid, eerlikheid en hartlikheid. Nou neem hy ons verder as die strawwe skrums en Wêreldbeker-trofeë om terug te blik op 'n rugbyleeftyd wat gekenmerk word deur 'n onwrikbare toewyding aan wat die beste vir die span is.

