
Dian Roux groet die pyn met nuwe enkelsnit "Groet"
Loading player...
Dian Roux is terug met "Groet", 'n eerlike afskeidslied oor die oomblik wanneer liefde alleen nie meer genoeg is nie. Die lied neem luisteraars na daardie stil plek na 'n verhouding se breekpunt, 'n woonstel vol herinneringe, reën teen die venster en die drang om iemand te bel. "Groet" het ontstaan uit 'n doodgewone oggend in sy ou kantoor, toe hy besef het hoe jy een oomblik iemand se held is en die volgende oomblik moet groet om jouself te beskerm. Die kernvraag "Was ons net geleen?" laat jou wonder of sommige mense net in jou lewe verskyn om jou iets te leer. Luister nou na "Groet".





