
Aktualiteit: Hoe gemaak met straatligte wat nie werk nie?
Loading player...
Swak straatbeligting rondom skole skep nie net ’n sigbaarheidsprobleem nie, maar kan volgens AfriForum se Groot Pretoria-Oos-tak ook ’n ernstige veiligheidsrisiko vir leerders, ouers en onderwysers inhou. Die organisasie het bevind dat verskeie skole in onder meer Garsfontein, Wapadrand, Faerie Glen en Constantiapark met onvoldoende beligting sukkel, en het daarom ’n beroep op die gemeenskap en owerhede gedoen om saam na oplossings te kyk. Fanus Johnson, voorsitter van AfriForum se Groter Pretoria-Oos-tak, sluit by ons aan.

