
Maak Spore: Megan Gevers oor die Light of Hope-inisiatief
Loading player...
Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder ’n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. ’n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein dade ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak.

