Kosmos 94.1 Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Daily Afrikaans South Africa Arts
405 Episodes
1 – 20

Face of Hope: Hoop, omgee en die krag van klein dade

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Anita Senekal oor haar projek, Face of Hope. Die inisiatief is gebou rondom hoop en omgee, en wys hoe een persoon ’n verskil kan maak wanneer jy kies om iets goeds vir ander te doen. Luister saam na die storie agter die…
14 Apr 7AM 7 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 13 April 2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
14 Apr 1AM 7 min

Namibië se Wêreldsukses by RCFA Wêreldkampioenskappe

Jean-Louis gesels met Ingo Oosthuizen, internasionale koördineerder van RCFAI, oor Namibië se uitstaande prestasie by die onlangse RCFA Wêreldkampioenskappe. Die land het wêreldwyd aandag getrek met ’n indrukwekkende vertoning, insluitend verskeie wêreldkampioene en ’n rekord aantal medaljes.
13 Apr 6AM 8 min

Breinkrag vir Elke Ouderdom met Bio-Strath

Jean-Louis en Anette Rheeder gesels oor Bio-Strath en hoe noodsaaklike voeding die brein kan ondersteun, ongeag ouderdom. Hulle verduidelik die voordele van hierdie natuurlike aanvulling en hoe dit kan help met fokus, energie en algehele welstand. Bio-Strath is beskikbaar by jou naaste apteek in verskillende verpakkings, beide as tablette en…
8 Apr 6AM 7 min

Van Gladiator tot Gids: Die Reis van André Coetzee

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met André Coetzee, ’n man met ’n besonder interessante lewensreis. Baie mense onthou hom as “Wildebees” van die ikoniese TV-program MTN Gladiators, maar sedertdien het sy pad hom deur verskeie hoofstukke geneem. Van sy dae op die skerm tot sy werk in spanbou…
8 Apr 2AM 6 min

Wêreld Outisme Dag: ’n Gesprek met Rivkah Blaauw

Vandag gesels Jean-Louis met Rivkah Blaauw oor ’n belangrike onderwerp op Wêreld Outisme Dag. Hulle kyk na wat outisme werklik is, hoe dit van persoon tot persoon verskil, en waarom ware insluiting so belangrik is in ons samelewing. As arbeidsterapeut deel Rivkah ook waardevolle insigte oor hoe sy kinders en…
2 Apr 4AM 7 min

Jean-Louis in gesprek met Robbie Wessels oor KosMOS Fees 2026

Jean-Louis gesels met Robbie Wessels, wat binnekort by die KosMOS Fees 2026 gaan optree. Hulle bespreek sy musiek, wat gehore kan verwag, en die opwinding rondom hierdie gewilde fees. Die KosMOS Fees 2026 vind plaas op 24 en 25 April by kykNET Buite Ekspo, met optredes op 25 April. Kaartjies…
2 Apr 3AM 5 min

Gesprek oor Starlink in Namibië

Jean-Louis gesels met Josephine Shigwedha oor Starlink in Namibië. Met die jongste ontwikkelinge en belangrike vrae rondom tegnologie, regulasies en data-privaatheid, bied hierdie gesprek waardevolle insigte vir almal wat belangstel in die toekoms van konnektiwiteit.
2 Apr 3AM 13 min

Irma’s Heartbreak Rescue – ’n Nuwe Aanvulling tot die Irma’s Rescue Reeks

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor nog ’n produk in die Irma’s Rescue reeks, naamlik Irma’s Heartbreak Rescue. In hierdie episode deel hulle meer oor die doel van die produk en hoe dit mense kan ondersteun in uitdagende emosionele tye. Luisteraars kan die Irma’s Rescue reeks by hulle naaste apteek…
1 Apr 4AM 6 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
1 Apr 3AM 6 min

Maak Spore met Elmero Strauss: Die Groeipad van Derrick Clark

Elmero Strauss gesels met Derrick Clark oor sy reis in die wêreld van tuinmaak en landskapwerk. Hulle kyk terug na hoe alles begin het, die uitdagings wat hy in die bedryf teëgekom het, en sy diep passie om met die natuur te werk. ’n Inspirerende gesprek oor groei, deursettingsvermoë en…
1 Apr 2AM 4 min

Van Walvisbaai tot die Verhoog – Salvador Mouers se Musiekreis

Elmero Strauss gesels vandag met Salvador Mouers, ATKV Crescendo-wenner en die eerste Namibiese kunstenaar wat deur dié program bekendgestel is. Van Walvisbaai tot op groot verhoë, word sy musiek gedryf deur geloof, familie en eerlike lewensverhale wat aanklank vind by luisteraars.
20 Mar 5AM 5 min

Agter die Lied – Tamlyn Wessels oor Ek Slaap In Jou Hoodie

Tamlyn Wessels stel vandag haar nuwe enkelsnit “Ek Slaap In Jou Hoodie” bekend — ’n lied wat die gevoel van verlange en nabyheid op ’n eerlike en treffende manier vasvang. Met invloede van pop en folk, en lirieke wat fokus op die klein, betekenisvolle oomblikke van liefde, skep sy ’n…
20 Mar 5AM 4 min

Sal Jy Wil Jy? – ’n Eksklusiewe Geselsie met Irene-Louise van Wyk

Irene-Louise van Wyk se splinternuwe enkelsnit “Sal Jy Wil Jy” is vandag vrygestel, en dit is beslis iets wat jy nie wil mis nie. En dit raak nog beter — Jean-Louis gesels vandag met haar in ’n eerlike en insiggewende onderhoud oor die storie agter die lied, haar musiekreis, en…
20 Mar 5AM 5 min

Oliepryse, Oorlog en Afrika se Ekonomiese Toekoms

Jean-Louis gesels met Dawie Roodt oor die impak van stygende oliepryse te midde van die voortdurende konflik in die Midde-Ooste, en hoe dit ekonomieë regoor Afrika raak. Met waarskuwings dat volgehoue hoë brandstofpryse en moontlike tekorte groei met tot drie persentasiepunte kan knou, word die vraag gevra of optimistiese groeivoorspellings…
19 Mar 2AM 2 min

Gesels met Jaime Smith oor "Level Up: Adulting is for Real"

Vandaggesels Elmero Strauss met Jaime Smith oor haar splinternuwe boek Level Up: Adulting is for Real, wat hierdie Vrydag, 20 Maart, vrygestel word. Ons ontdek die inspirasie agter die boek, die boodskap wat Jaime wil deel, en die betekenis van hierdie nuwe vrystelling.
18 Mar 5AM 9 min
1 – 20