
Snoete-goete: Jagluiperdsensus
Loading player...
’n Jagluiperd in die wild is vir baie van ons ’n besonderse ervaring – maar daardie foto wat jy sommer met jou foon neem, kan veel meer beteken as net ’n mooi herinnering. Die Bedreigde Wildlewe Trust, saam met SANParke, begin nou met die 2026/27 Greater Kruger Cheetah Photographic Census, waar gewone wildkykers se foto’s kan help om individuele jagluiperds te identifiseer en uiteindelik beter te verstaan hoe groot die bevolking is en hoe dié diere deur die landskap beweeg. Sarina gesels metDerek van der Merwe, hoof van die Karnivoorbewaringseenheid by die Bedreigde Wildlewe Trust.

