Bizskoops - 17 September 2026
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering en die Nuwe Ontwikkelingsbank het 'n leningsooreenkoms onderteken om infrastruktuur wat metropolitaanse munisipale dienste ondersteun, op te gradeer, terwyl die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sterker verhoudings met belastingbetalers en belastingpraktisyns wil bou.
Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die verdere finansiële druk waarmee Suid-Afrikaanse huishoudings te kampe het.
Wat internasionale sake-nuus betref, het 'n Nigeriese miljardêr Afrika se grootste aandeleverkoop ooit van stapel gestuur, en beleggers raak bekommerd oor waarskuwings rakende kunsmatige intelligensie (KI).
Ons sit ons gesprek oor inflasie voort, waarin Pieter Wasserfall van JustMoney verduidelik wat jy kan doen om jou voedseluitgawes beter te bestuur en die impak van inflasie te beperk.
Die program sluit af met nog 'n onderhoud as deel van Edge Communications se gemeenskapsveldtog, 10 Jaar, 10 besighede, 10 Stories. Ons gesels met Marisa Worth van M Worth Attorneys.