Dassie maak die deur oop: "Elke pot het sy deksel"

Loading player...
Die Suid Afrikaanse sanger het pas sy nuwe single "Hart se Huis" vrygestel en dit is soveel meer as net 'n liefdeslied. Dit gaan oor die mens se hart as 'n huis: met kamers, mure, krake en herinneringe. En die hoop dat iemand eendag by die deur instap, die ligte aanskakel en besluit om te bly.
In die geselskap deel Dassie oor kwesbaarheid, emosionele herstel, en hoekom liefde nie net "maanskyn en rose" is nie. Sy boodskap? "Elke pot het sy deksel" – moenie na seerkry moed opgee nie.
3 Sep English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

Dian Roux groet die pyn met nuwe enkelsnit "Groet"

Dian Roux is terug met "Groet", 'n eerlike afskeidslied oor die oomblik wanneer liefde alleen nie meer genoeg is nie. Die lied neem luisteraars na daardie stil plek na 'n verhouding se breekpunt, 'n woonstel vol herinneringe, reën teen die venster en die drang om iemand te bel. "Groet" het…
24 Sep 7 min

Sentiment se Regardt oor 'Ek Wil Jou Sien'

Ek het met Regardt van Sentiment gesels oor hul debuut-enkelsnit, Ek Wil Jou Sien. 'n Liedjie oor daardie een persoon vir wie jy enigiets sal doen net om te sien. Die Afrikaanse rockgroep bestaan uit Jako Meyer (sang) en Regardt Scheepers (kitaar), met 'n klank vol groot kore en emosie…
15 Sep 7 min

Onike: van gebrokenheid na genesing

Sangeres Onike se nuwe enkelsnit Sterker onthul 'n reis van trauma, die verlies van haar pa en die ontdekking dat 'n mens na die donkerste tye steeds kan opstaan.
10 Sep 9 min