Bizskoops - 3 September 2026

Loading player...
Volgens die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het Suid-Afrika sedert 2018 miljarde by nege internasionale finansiële instellings geleen en Suid-Afrika se vervaardigingsektor het in Augustus onder druk gebly.
Die ekonoom Waldo Krugell bespreek die wisselkoers en brandstofpryse.
In internasionale sake-nuus het die goewerneur van die Bank van Engeland die G20 gewaarsku oor kunsmatige intelligensie en plaaslik verduidelik Pieter Wasserfall van JustMoney hoe inflasie 'n impak op Suid-Afrikaanse huishoudings kan hê.
Ons sluit die program af met ʼn gesprek met die geoktrooieerde rekenmeester Ted Maselesele van die African Credit Rating Association, ACRA. Hy ontleed van die kwessies en druk waarmee besighede te kampe het.
3 Sep Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 8 Oktober 2026

Vandag op Bizskoops: Die Verenigde State het onderneem om sy vennootskap met Suid-Afrika op die gebied van mynbou te versterk, terwyl die Londen-gebaseerde geldoordragmaatskappy Wise voorbereidings tref om sy dienste in Suid-Afrika uit te brei. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die rand, die mediumtermynbegroting en nog 'n brandstofprysverhoging. Wat…
8 Oct 9 min

Bizskoops - 1 Oktober 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Suid-Afrikaners kan vanaf aanstaande Woensdag rekordbrandstofpryse in die gesig staar, terwyl drie groot Suid-Afrikaanse kleinhandelaars hul leierskap verander. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek fiskale konsolidasie. Wat internasionale sake-nuus betref, het OpenAI besluit om nie sy nuutste GPT-6.1 Astra-KI-model vry te stel nie, terwyl die…
1 Oct 10 min

Bizskoops - 24 September 2026

Op hierdie week se Bizskoops: Ons bespreek die jongste inflasiesyfers, en die Raad op Mediese Skemas het sy riglyne vir verhogings in mediesefondsbydraes vir volgende jaar bekend gemaak. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek Suid-Afrika se buitelandse lenings en of ons daaroor besorg moet wees. Wat internasionale sake-nuus betref, het…
24 Sep 11 min

Bizskoops - 17 September 2026

Die Suid-Afrikaanse regering en die Nuwe Ontwikkelingsbank het 'n leningsooreenkoms onderteken om infrastruktuur wat metropolitaanse munisipale dienste ondersteun, op te gradeer, terwyl die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sterker verhoudings met belastingbetalers en belastingpraktisyns wil bou. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die verdere finansiële druk waarmee Suid-Afrikaanse huishoudings te kampe het. Wat…
17 Sep 11 min

Bizskoops - 10 September 2026

Eskom beplan om sy inkomste te beskerm, terwyl Suid-Afrika 'n afname in bruto binnelandse produk in die tweede kwartaal aangeteken het. Ekonoom Professor Waldo Krugell praat oor die belangrikheid van gister se BBP-aankondiging. In internasionale sake-nuus duur die handelsoorlog tussen Kanada en die VSA voort. Ons gaan voort met ons…
10 Sep 11 min