LPO hou streeksvergaderings in Oktober

Loading player...
Boere en afgevaardigdes word aangemoedig om gou te registreer vir die Namibiese Landbou-unie en die Veeprodusente-organisasie, LPO, se streeksvergaderings, wat van 5 tot 9 Oktober plaasvind. Boereverenigings word aangemoedig om waar moontlik ekstra afgevaardigdes te registreer, wat meer lede die kans gee om deel te neem aan belangrike besprekings wat die landbousektor raak. NLU-woordvoerder Tanja Dahl het meer.
2 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stygende brandstofprys raak vervoerkettings

Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met 1-Suid-Afrikaanse rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen 2-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly,…
2 Sep 6AM 1 min

Jong-innoveerders geloof, slimkierie gaan Berlyn toe

Die Namibiese aflewering van die internasionale Falling Walls Lab-kompetisie is pas afgehandel. Tydens die geleentheid moes jong navorsers baanbrekersoplossings in net drie minute aanbied. Op die kantlyn het die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie se senior tegnoloog Jacobine Amutenya aan Komsos 94.1 Nuus gesê dat idees kommersiële befondsing…
2 Sep 6AM 1 min

Reaksie op Biddag teen geweld

Maatskaplike aktivis Rosa Namises het gereageer op die Biddag wat vir 12 September beplan word en drankverkope wat daardie dag opgeskort sal word. Sy sê die regering moet 'n noodtoestand afkondig oor die toenemende geslagsgeweld en wydverspreide alkoholmisbruik in Namibië. Veral omdat die twee gekoppel is.
2 Sep 6AM 1 min

Napha verwerp Franse trofeeverbod

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het Frankryk se wetsontwerp om die invoer, uitvoer en heruitvoer van jagtrofeë van sekere spesies te beperk, in absolute terme verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha se president, Hannes du Plessis, gesels wat sê dat Europa nie in ‘n posisie is om vir Namibië…
2 Sep 6AM 1 min