Herroeping van Madonsela is Stalingrad-taktiek

Loading player...
ActionSA sê die Parlement se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier te herroep, is ʼn klassieke voorbeeld van Stalingrad-vertragingstaktieke. President Cyril Ramaphosa het beswaar gemaak teen Madonsela se aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. ActionSA-woordvoerder Lerato Ngobeni sê prosedurele regverdigheid mag nie nou prosedurele oneindigheid word nie en waarsku die Parlement verruil moontlik een dooiepunt vir ʼn ander:
2 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery

Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery…
14 Oct 8AM 1 min

Bolyf van vrou wat naby Daan Viljoen gevind is, geïdentifiseer

NamPol het die bolyf van 'n vrou wat in die Daan Viljoen-gebied gevind is, amptelik as dié van die 27-jarige Danelize Majiedt geïdentifiseer. Sy is op 30 Augustus as vermis aangemeld. Die mag se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê forensiese DNS-toetse is op die oorskot gedoen, en verdagtes word…
14 Oct 8AM 1 min

Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41%

Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte…
14 Oct 6AM 1 min

Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde

Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel…
14 Oct 6AM 1 min

Twee lede van ANC-jeugliga in Katlehong doodgeskiet

Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het…
14 Oct 5AM 1 min