Partye het tot Vrydag om getuienisleier vir Ampsklagkomitee te benoem

Loading player...
Die voorsitter van die parlementêre Ampsklagkomitee, Makashule Gana, het politieke partye tot Vrydag kans gegee om nog benoemings vir ʼn getuienisleier in te dien. Die komitee het sy besluit herroep om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel van sy ondersoek teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage. Ramaphosa het beswaar gemaak teen die aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. Gana sê die komitee sal volgende Woensdag die benoemings oorweeg:
2 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stygende brandstofprys raak vervoerkettings

Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met 1-Suid-Afrikaanse rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen 2-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly,…
2 Sep 6AM 1 min

Jong-innoveerders geloof, slimkierie gaan Berlyn toe

Die Namibiese aflewering van die internasionale Falling Walls Lab-kompetisie is pas afgehandel. Tydens die geleentheid moes jong navorsers baanbrekersoplossings in net drie minute aanbied. Op die kantlyn het die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie se senior tegnoloog Jacobine Amutenya aan Komsos 94.1 Nuus gesê dat idees kommersiële befondsing…
2 Sep 6AM 1 min

LPO hou streeksvergaderings in Oktober

Boere en afgevaardigdes word aangemoedig om gou te registreer vir die Namibiese Landbou-unie en die Veeprodusente-organisasie, LPO, se streeksvergaderings, wat van 5 tot 9 Oktober plaasvind. Boereverenigings word aangemoedig om waar moontlik ekstra afgevaardigdes te registreer, wat meer lede die kans gee om deel te neem aan belangrike besprekings wat…
2 Sep 6AM 1 min

Reaksie op Biddag teen geweld

Maatskaplike aktivis Rosa Namises het gereageer op die Biddag wat vir 12 September beplan word en drankverkope wat daardie dag opgeskort sal word. Sy sê die regering moet 'n noodtoestand afkondig oor die toenemende geslagsgeweld en wydverspreide alkoholmisbruik in Namibië. Veral omdat die twee gekoppel is.
2 Sep 6AM 1 min