
Diamantmyne verlaag produksie oor sintetiese stene
Loading player...
Die land se diamantmyne het produksie verlaag weens 'n voortdurende daling in globale diamantpryse. Die Kamer van Mynwese sê in sy maandelikse mynbou-opdatering verslag vir Junie en Julie dat pryse na verwagting verder sal daal namate kunsmatige diamante nog goedkoper word. Die kamer se hoofekonoom Lauren Graham het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die goedkoop laboratorium-gekweekte diamante 'n permanente markverskuiwing veroorsaak het:

