
Dis amptelik: Pitso Mosimane is nuwe Bafana-afrigter
Loading player...
Sokker: SAFA het Pitso Mosimane amptelik as Bafana Bafana se nuwe hoofafrigter aangekondig. Die driemalige Kampioeneliga-wenner keer terug vir 'n tweede permanente termyn en vervang Hugo Broos. Mosimane se onmiddellike uitdaging is die kwalifiseerders vir volgende jaar se Afrika-nasiebeker, wat saam met Guinee, Eritrea en Kenia in Groep D geloot is. SAFA se president Danny Jordaan sê die nasionale span bly 'n belangrike handelsmerk, met die 2030 Wêreldbeker as een van sy langtermynprioriteite:

