Trump sê Venezuela-ooreenkoms sal olie laat daal

Loading player...
President Donald Trump sê die olieprys sal vinnig daal met analiste wat meen dat dit rondom twee jaar sal neem, na sy ooreenkoms met Venezuela vir ongeveer 65 miljard vate olie. Volgens hom is twee jaar eintlik kort.
1 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eksamenseisoen skop landswyd af

Die skole-eksamenseisoen het amptelik landswyd afgeskop vir meer as 98 000 kandidate, met alle vraestelle wat veilig afgelewer is. Die direkteur van die nasionale assessering en eksamens, Clementine Tsumis-Garises, waarsku dat kandidate van eksamenlokale verbied sal word sonder 'n amptelike toelatingspermit en 'n ooreenstemmende staats-identiteitsdokument, paspoort of bestuurslisensie om nabootsing…
14 Oct 10AM 1 min

Proteas-afrigter dink aan veranderinge vir tweede toets

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê dis nie nou tyd vir ondeurdagte reaksies nie na hulle nederlaag teen Australië in die eerste toets in Durban nie. Hy beklemtoon daar is geen verskonings nie, maar wys op die invloed van talle beserings, veral dié van die snelbouler Kagiso Rabada…
14 Oct 9AM 1 min

Shafudah vra insette vir 2027-2030 mediumtermyn-begroting

Finansminister Ericah Shafudah vra vir openbare insette oor die volgende begroting en die raamwerk vir uitgawes oor die mediumtermyn van 2027 tot 2030, wat sy in Februarie 2027 in die parlement sal indien. Tydens die bekendmaking van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se oop begrotingsopname-resultate in Windhoek vanoggend, het Shafudah…
14 Oct 9AM 1 min

DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery

Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery…
14 Oct 8AM 1 min

Bolyf van vrou wat naby Daan Viljoen gevind is, geïdentifiseer

NamPol het die bolyf van 'n vrou wat in die Daan Viljoen-gebied gevind is, amptelik as dié van die 27-jarige Danelize Majiedt geïdentifiseer. Sy is op 30 Augustus as vermis aangemeld. Die mag se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê forensiese DNS-toetse is op die oorskot gedoen, en verdagtes word…
14 Oct 8AM 1 min