SAKP sê hy bly deel van Drieparty-alliansie

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê hy stap nie weg van die Drieparty-alliansie nie, maar bly deel daarvan terwyl hy homself hersaamstel. Die party gaan die eerste keer onafhanklik van sy groter alliansievennoot, die ANC, aan ʼn verkiesing deelneem. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê hulle onafhanklike deelname is deel van die stryd om politieke verteenwoordiging vir die werkersklas te herbou en die alliansie se hersamestelling te verseker:
31 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GUN: Daggabesit moet heeltemal vry wees vir volwassenes

Die organisasie Ganja Users of Namibia verwelkom die kabinet se besluit om die dwelmwet van 1971 met die 2026 Narkotikawetsontwerp te probeer vervang, maar dring aan op die volledige dekriminalisering van persoonlike besit deur volwassenes. Die organisasie se sekretaris-generaal, Borro Ndungula, sê die kriminalisering van individue wat dagga vir persoonlike…
7 Nov 12AM 1 min

Losloperdiere: Aanspreeklikheid nodig

Landboukundige Wallie Roux waarsku dat loslopende vee 'n ernstige bedreiging vir Namibië se pogings inhou om bek-en-klouseer onder beheer te bring. Roux sê munisipale skutgeriewe bied slegs 'n tydelike oplossing en beklemtoon dat streng toepassing van veemerking en boere se aanspreeklikheid die enigste langtermynoplossings is. Hy het met Kosmos 94.1…
7 Nov 12AM 1 min

Gewelddadige eerste naweek van die maand

Die bloed het in Windhoek geloop op die eerste naweek van die maand, met COPPS 94.1 se gemeenskapspolisiëringspatrollie wat na meer as een beweerde aanranding uitgeroep is. In een geval het inwoners blykbaar die reg in eie hande geneem en ‘n verdagte lelik gekarnuffel. Francois Lottering was daar.
6 Nov 11PM 1 min

Lewis Hamilton soek vergadering met LeClerc

Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, sê ʼn broodnodige ontmoeting moet nog plaasvind tussen hom en sy Ferrari-spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, ná verlede naweek se voorval tydens die Mexikostadse Grand Prix. Hulle het in die eerste ronde gebots, wat die span ʼn moontlike eerste en tweede…
6 Nov 10AM 1 min