
Snoete-goete: TAWI en Pedal4Paws
Loading player...
900 kilometer. Nege dae. Net ’n fiets. Dit is die uitdaging wat Attie Jacobs en sy span op 18 September aanpak wanneer hulle van Johannesburg tot by Port Edward fietsry as deel van Pedal4Paws. Maar hierdie is veel meer as net ’n fietsry-uitdaging. Elke kilometer word ’n geleentheid om geld in te samel vir TAWI, die Transkei Animal Welfare Initiative, wat broodnodige veeartsenykundige sorg aan van Suid-Afrika se mees afgeleë landelike gemeenskappe bring. Sarina gesels met Attie en Roeline Solomon van TAWI.

