
VERSKILMAKERS: Ouma en Oupa Kersprojek
Loading player...
Vir baie van ons is Kersfees 'n tyd van familie, liefde en saamwees. Ongelukkig is dit nie vir elke ouma en oupa die werklikheid nie. Die Ouma en Oupa Kersprojek sorg al nege jaar lank dat duisende bejaardes regoor Suid-Afrika 'n persoonlike Kersgeskenk ontvang – spesiaal saamgestel volgens hul eie wenslys. Elaine Bron, Marelize van Staden en Karin van Staden sluit by ons aan om meer te vertel.

