Root teleurgesteld oor wangedrag deur spelers

Loading player...
Engeland se toetskaptein, Joe Root, is teleurgesteld oor Saterdag se voorval in 'n nagklub in Derby waarby die snelbouler Brydon Carse betrokke was. Videomateriaal wys hoe die polisie hom boei en weglei. Carse is daarna onttrek aan die groep vir die tweede toets teen Pakistan op Lord's, terwyl die Engelse en Walliese Krieketraad die voorval na die Krieketreguleerder verwys het. Root sê voortgesette onaangename voorvalle van die veld is onaanvaarbaar:
26 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Matlala gewaarsku oor weiering om vrae te beantwoord

Kommissaris Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie het Woensdag die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala gewaarsku sy herhaalde weiering om vrae te beantwoord kan ernstige gevolge inhou. Matlala het geweier om vrae te beantwoord oor die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona. Baloyi sê getuies mag slegs weier om…
26 Aug 11PM 1 min

ActionSA sê hersiening van Phala Phala-tugproses nie polities

ActionSA sê hy verwerp die bewering deur die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie dat sy aansoek om 'n hersiening van die dissiplinêre uitkomste rondom die Presidensiële Beskermingsdiens-beamptes, Wally Rhoode en Hennie Rekhoto, op politieke inmenging neerkom. Die party het 'n hofaansoek ingedien waarin die Suid-Afrikaanse Polisiediens daarvan beskuldig word dat die twee…
26 Aug 6AM 1 min

NNN sê nuwe helde moet veg teen korrupsie, armoede, verdeeldheid

President Netumbo Nand-Ndaitwah het in haar toespraak by die amptelike Heldedag-vieringe Namibiërs aangemoedig om te verenig en saam te werk aan 'n beter toekoms vir almal. Sy het na die bevrydingstryd verwys, maar ook die gewone mense wat elke dag opofferings maak sodat ander kan vooruitgaan, as helde uitgesonder. Die…
26 Aug 6AM 1 min

Kagame sê DRK-konflik nie Rwanda se skuld

Die Rwandese president, Paul Kagame, ontken sy land is verantwoordelik vir die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy het op 'n nuuskonferensie gesê die probleme is geskep deur Kinshasa en ander faktore. Kagame beskuldig naamlose partye dat hulle Rwanda 'n sondebok maak om sekere individue te beskerm…
26 Aug 4AM 1 min

R200 miljoen se kokaïen op OR Tambo-lughawe onderskep

Die polisie en sy wetstoepassingsvennote het op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng beslag gelê op twee afsonderlike besendings vermeende kokaïen van ongeveer 200-miljoen Suid-Afrikaanse rand. In die eerste voorval is twee groot reistasse by die eindpunt onderskep en 84 kilogram-blokke gevind. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê in die…
26 Aug 4AM 1 min