Centurion Urban Sketchers

Loading player...
Het jy al ooit iemand in 'n koffiewinkel, park of op 'n straathoek sien sit en mense of geboue sien skets? Wel, dit is presies waaroor Urban Sketchers gaan – om die wêreld om jou vas te vang, nét soos jy dit op daardie oomblik beleef. Vandag kuier Ilze du Toit van Centurion Urban Sketchers by Sarina om meer te vertel oor hierdie kreatiewe gemeenskap, hoekom al hoe meer mense daarby aansluit, en hoekom jy beslis nie 'n professionele kunstenaar hoef te wees om dit te geniet nie.
31 Jul 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: P - Pa's

Pa's speel ’n unieke en belangrike rol in ’n kind se ontwikkeling – van emosionele veiligheid en selfvertroue tot sosiale vaardighede en hoe ’n kind later verhoudings verstaan. Maar wat sê die kenners? Watter verskil maak ’n betrokke pa werklik in ’n kind se lewe, en hoe lyk betekenisvolle vaderskap…
1 Sep 4AM 12 min

C12 - Eckhardt Olivier

Kan 'n besigheid méér wees as net 'n manier om wins te maak? Kan dit ook 'n plek wees waar mense dien, beïnvloed en 'n verskil in die wêreld maak? Dit is die hart van C12, 'n wêreldwye netwerk wat sakeleiers toerus om hulle geloof doelbewus in die werkplek uit…
31 Aug 6AM 10 min

Snoete-goete: TAWI en Pedal4Paws

900 kilometer. Nege dae. Net ’n fiets. Dit is die uitdaging wat Attie Jacobs en sy span op 18 September aanpak wanneer hulle van Johannesburg tot by Port Edward fietsry as deel van Pedal4Paws. Maar hierdie is veel meer as net ’n fietsry-uitdaging. Elke kilometer word ’n geleentheid om geld…
28 Aug 4AM 10 min

VERSKILMAKERS: Ouma en Oupa Kersprojek

Vir baie van ons is Kersfees 'n tyd van familie, liefde en saamwees. Ongelukkig is dit nie vir elke ouma en oupa die werklikheid nie. Die Ouma en Oupa Kersprojek sorg al nege jaar lank dat duisende bejaardes regoor Suid-Afrika 'n persoonlike Kersgeskenk ontvang – spesiaal saamgestel volgens hul eie…
27 Aug 7AM 10 min

Sarina gesels vrouegesondheid

Sarina gesels met Neliana Horn, Nasionale Kommersiële Bestuurder by Ethica oor Perimenopause en Menopause. Sy vertel hoe Sérélys MENO vroue help om die simptome van Perimenopause en Menopause, op ‘n nie-hormonale manier te behandel.
25 Aug 6AM 8 min