Baynes: Kunene-gemeenskap skop vas

Loading player...
Die organisasie International Rivers doen 'n beroep op openbare steun om die Kunenerivier te beskerm, terwyl die Ovahimba- en Ovatjimba-gemeenskappe in Namibië en Angola die voorgestelde Baynes-waterkragprojek teenstaan. Meer as 2 000 gemeenskapslede het reeds 'n petisie onderteken wat waarsku dat die dam voorvaderlike grond, heilige plekke en belangrike weidingsgebiede kan oorstroom. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapslid Alfons Koruhama gepraat, wat sê dat hulle nie behoorlik geraadpleeg is nie.
30 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stilstaande hoëdrukstelsel dryf Namibië se hittegolf aan

Weerkenner George van der Merwe skryf Namibië se onlangse hittegolf van 35 grade Celsius tot 42 grade Celsius toe aan 'n stilstaande hoëdrukstelsel in die boonste lug oor die streek, wat warm lug afwaarts saampers en wolkbedekking blokkeer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
9 Nov 5AM 1 min

IAEA identifiseer ernstige leemtes by Wings-uraanprojek

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ernstige leemtes in die omgewingsbeoordeling van Namibië se voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek geïdentifiseer. Die agentskap se tegniese beoordeling bevat 27 aanbevelings, met groot kommer oor grondwaterbeskerming, die beheer van mynchemikalieë en die herstel van waterbronne ná mynbedrywighede. Kosmos 94.1 se Fritz Platt doen verslag:
9 Nov 5AM 1 min

Versekeringskenners waarsku oor feestydrisiko's

Soos die feestyd nader kom, waarsku versekeringskenners dat meer verkeer op die paaie, huise wat vir lang tye onbewoon gelaat word en duur aankope huishoudings aan groter finansiële risiko's kan blootstel. Old Mutual Korttermynversekering sê Desember is een van die tye van die jaar wanneer ongelukke, inbrake en weersverwante skade…
9 Nov 4AM 1 min

Tennis: Alcaraz klop Shelton om Paryse Meesters eerste keer te wen

Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het sy eerste Paryse Meesterstitel ingepalm en sy nederlaag teen Ben Shelton tydens die Amerikaanse Ope gewreek. Die Spanjaard het in skoon stelle gewen vir sy negende agtereenvolgende wedstryd-oorwinning en vyfde titel in ses eindstryde vanjaar. Dit is ook Alcaraz se negende ATP-meesters-een-duisend-titel, terwyl Shelton gemik…
9 Nov 4AM 1 min

Eenhana en Duitsland span kragte saam vir plaaslike ontwikkeling

Eenhana en Duitsland se Salzland-distrik het ’n vennootskap aangegaan om samewerking op verskeie gebiede te bevorder. Die ooreenkoms fokus onder meer op onderwys, sport, beroepsopleiding en gemeenskapsontwikkeling, met die uitruil van kennis, vaardighede en tegnologie as belangrike doelwitte. Die Duitse afvaardiging het tydens die besoek ook meer oor Ohangwena se…
9 Nov 4AM 1 min