Sleutelfiguur in rybewysbedrogskema in Vrystaat gearresteer

Loading player...
'n Vermeende sleutelfiguur verbind met 'n multimiljoen Suid-Afrikaanse rand voertuig-rybewysbedrogsindikaat is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming volg op 'n gesamentlike operasie tussen die Padverkeersbestuurskorporasie, die Valke en die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die woordvoerder Simon Zwane sê ondersoekbeamptes het die verdagte se huis deursoek en bevind hy het na bewering onregmatig toegang verkry tot die Nasionale Verkeersinligtingstelsel en was in besit van bedrieglike rybewys-dokumente. Hulle het ook rekenaartoerusting gekonfiskeer. Zwane sê verdere inhegtenisnemings sal volg:
29 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stilstaande hoëdrukstelsel dryf Namibië se hittegolf aan

Weerkenner George van der Merwe skryf Namibië se onlangse hittegolf van 35 grade Celsius tot 42 grade Celsius toe aan 'n stilstaande hoëdrukstelsel in die boonste lug oor die streek, wat warm lug afwaarts saampers en wolkbedekking blokkeer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
9 Nov 5AM 1 min

IAEA identifiseer ernstige leemtes by Wings-uraanprojek

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ernstige leemtes in die omgewingsbeoordeling van Namibië se voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek geïdentifiseer. Die agentskap se tegniese beoordeling bevat 27 aanbevelings, met groot kommer oor grondwaterbeskerming, die beheer van mynchemikalieë en die herstel van waterbronne ná mynbedrywighede. Kosmos 94.1 se Fritz Platt doen verslag:
9 Nov 5AM 1 min

Versekeringskenners waarsku oor feestydrisiko's

Soos die feestyd nader kom, waarsku versekeringskenners dat meer verkeer op die paaie, huise wat vir lang tye onbewoon gelaat word en duur aankope huishoudings aan groter finansiële risiko's kan blootstel. Old Mutual Korttermynversekering sê Desember is een van die tye van die jaar wanneer ongelukke, inbrake en weersverwante skade…
9 Nov 4AM 1 min

Tennis: Alcaraz klop Shelton om Paryse Meesters eerste keer te wen

Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het sy eerste Paryse Meesterstitel ingepalm en sy nederlaag teen Ben Shelton tydens die Amerikaanse Ope gewreek. Die Spanjaard het in skoon stelle gewen vir sy negende agtereenvolgende wedstryd-oorwinning en vyfde titel in ses eindstryde vanjaar. Dit is ook Alcaraz se negende ATP-meesters-een-duisend-titel, terwyl Shelton gemik…
9 Nov 4AM 1 min

Eenhana en Duitsland span kragte saam vir plaaslike ontwikkeling

Eenhana en Duitsland se Salzland-distrik het ’n vennootskap aangegaan om samewerking op verskeie gebiede te bevorder. Die ooreenkoms fokus onder meer op onderwys, sport, beroepsopleiding en gemeenskapsontwikkeling, met die uitruil van kennis, vaardighede en tegnologie as belangrike doelwitte. Die Duitse afvaardiging het tydens die besoek ook meer oor Ohangwena se…
9 Nov 4AM 1 min