Weerkenner George van der Merwe skryf Namibië se onlangse hittegolf van 35 grade Celsius tot 42 grade Celsius toe aan 'n stilstaande hoëdrukstelsel in die boonste lug oor die streek, wat warm lug afwaarts saampers en wolkbedekking blokkeer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ernstige leemtes in die omgewingsbeoordeling van Namibië se voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek geïdentifiseer. Die agentskap se tegniese beoordeling bevat 27 aanbevelings, met groot kommer oor grondwaterbeskerming, die beheer van mynchemikalieë en die herstel van waterbronne ná mynbedrywighede. Kosmos 94.1 se Fritz Platt doen verslag:
Soos die feestyd nader kom, waarsku versekeringskenners dat meer verkeer op die paaie, huise wat vir lang tye onbewoon gelaat word en duur aankope huishoudings aan groter finansiële risiko's kan blootstel. Old Mutual Korttermynversekering sê Desember is een van die tye van die jaar wanneer ongelukke, inbrake en weersverwante skade…
Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het sy eerste Paryse Meesterstitel ingepalm en sy nederlaag teen Ben Shelton tydens die Amerikaanse Ope gewreek. Die Spanjaard het in skoon stelle gewen vir sy negende agtereenvolgende wedstryd-oorwinning en vyfde titel in ses eindstryde vanjaar. Dit is ook Alcaraz se negende ATP-meesters-een-duisend-titel, terwyl Shelton gemik…
Eenhana en Duitsland se Salzland-distrik het ’n vennootskap aangegaan om samewerking op verskeie gebiede te bevorder. Die ooreenkoms fokus onder meer op onderwys, sport, beroepsopleiding en gemeenskapsontwikkeling, met die uitruil van kennis, vaardighede en tegnologie as belangrike doelwitte. Die Duitse afvaardiging het tydens die besoek ook meer oor Ohangwena se…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.