ActionSA vra strenger wette oor die deursigtigheid van steunwerwing

Loading player...
ActionSA het planne aangekondig om 'n wetsontwerp op deursigtigheid van steunwerwing deur privaat lede in te stel om professionele voorspraak te reguleer en deursigtigheid in regeringsbesluitneming te verbeter. Die woordvoerder van die party, Lerato Ngobeni sê die voorgestelde wetgewing sal 'n openbare register van voorspraakmakers vestig, openbaarmaking van verbintenisse met openbare amptenare vereis, afkoelperiodes vir voormalige ministers en senior amptenare instel, en onafhanklike toesig bied. Sy sê die wetsontwerp is daarop gemik om aanspreeklikheid te versterk en openbare vertroue te herstel:
29 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stilstaande hoëdrukstelsel dryf Namibië se hittegolf aan

Weerkenner George van der Merwe skryf Namibië se onlangse hittegolf van 35 grade Celsius tot 42 grade Celsius toe aan 'n stilstaande hoëdrukstelsel in die boonste lug oor die streek, wat warm lug afwaarts saampers en wolkbedekking blokkeer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
9 Nov 5AM 1 min

IAEA identifiseer ernstige leemtes by Wings-uraanprojek

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ernstige leemtes in die omgewingsbeoordeling van Namibië se voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek geïdentifiseer. Die agentskap se tegniese beoordeling bevat 27 aanbevelings, met groot kommer oor grondwaterbeskerming, die beheer van mynchemikalieë en die herstel van waterbronne ná mynbedrywighede. Kosmos 94.1 se Fritz Platt doen verslag:
9 Nov 5AM 1 min

Versekeringskenners waarsku oor feestydrisiko's

Soos die feestyd nader kom, waarsku versekeringskenners dat meer verkeer op die paaie, huise wat vir lang tye onbewoon gelaat word en duur aankope huishoudings aan groter finansiële risiko's kan blootstel. Old Mutual Korttermynversekering sê Desember is een van die tye van die jaar wanneer ongelukke, inbrake en weersverwante skade…
9 Nov 4AM 1 min

Tennis: Alcaraz klop Shelton om Paryse Meesters eerste keer te wen

Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het sy eerste Paryse Meesterstitel ingepalm en sy nederlaag teen Ben Shelton tydens die Amerikaanse Ope gewreek. Die Spanjaard het in skoon stelle gewen vir sy negende agtereenvolgende wedstryd-oorwinning en vyfde titel in ses eindstryde vanjaar. Dit is ook Alcaraz se negende ATP-meesters-een-duisend-titel, terwyl Shelton gemik…
9 Nov 4AM 1 min

Eenhana en Duitsland span kragte saam vir plaaslike ontwikkeling

Eenhana en Duitsland se Salzland-distrik het ’n vennootskap aangegaan om samewerking op verskeie gebiede te bevorder. Die ooreenkoms fokus onder meer op onderwys, sport, beroepsopleiding en gemeenskapsontwikkeling, met die uitruil van kennis, vaardighede en tegnologie as belangrike doelwitte. Die Duitse afvaardiging het tydens die besoek ook meer oor Ohangwena se…
9 Nov 4AM 1 min