Die Namibiese bokser Philip Mutakela !Haoseb neem deel aan die Mans 55 kg, Bantamgewig/Veergewig-kategorie by die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland.
Die EFF-leier Julius Malema sê die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het nie haar grondwetlike verantwoordelikhede met onafhanklikheid, onpartydigheid en integriteit nagekom nie. Sy het nie president Cyril Ramaphosa se interdik om die verrigtinge van die Ampsklagkomitee te staak, betwis nie. Die party se mosie van wantroue teen…
Die Nasionale Raad het die Wetsontwerp op Geestesgesondheid goedgekeur na die voltooiing van die komiteefase. Geen besware is geopper terwyl die Huis die klousules oorweeg het nie, insluitend bepalings wat deur die Nasionale Vergadering gewysig is. Die Wetsontwerp poog om die Wet op Geestesgesondheid van 1973 te vervang en 'n…
Die sosialemediareus, Meta, het ná ʼn grensverskuiwende hofsaak ingestem om 287,2-miljard Namibiese dollar aan 48 Amerikaanse state te betaal. Hy word beskuldig dat hy doelbewus kenmerke ontwerp het wat kinders verslaaf maak aan sy platforms soos Facebook, Instagram en WhatsApp. As deel van die skikking ontken Meta enige verkeerde optrede…
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het die registrasiedatum verleng vir plase en voerkrale wat slagvee lewer vir rooivleisuitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate. Plase en voerkrale het nou tot 31 Desember om die nodige stelsels te implementeer en te voldoen aan die regulasies van Veeartsenykundige Prosedurele Kennisgewing nommer 59…
Die Suid-Afrikaner, Stals Swart wat sy eerste Sonskyntoer-titel wil wen, loop voor by die Sunbet Challenge Wild Coast in Port Edward in die Oos-Kaap. Hy is na die eerste ronde twee houe voor op ses onder. Agt spelers is gelykop tweede met vier onder baansyfer. Dit sluit die Suid-Afrikaners Rupert…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.